Rooiberg Wynkelder, geleë in die Robertson Wynvallei, beskik tans oor die volgende betrekking.
Assistent Wynmaker
Die suksesvolle kandidaat is ‘n goeie kommunikeerder met ’n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde sowel as goeie rekenaarvaardighede. Wingerdboukundige kennis en vorige ondervinding sal in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n vereiste nie.
Die Assistent Wynmaker rapporteer direk aan die Keldermeester en is verantwoordelik vir * die koördinering van kelder- en parsaktiwiteite * die totale wynmaakproses * versnyding en stabilisering van wyn * behulpsaam met botteleringsbeplanning en -skedulering * bestuur van kwaliteitskontrolestelsels (ISO 9001:2015) * behulpsaam met bemarkingsaktiwiteite en aanbied van wynproeë * voorraadbeheer * beheer, toesig en bestuur van kelderpersoneel *behulpsaam met die aankoop van chemikalieë * kelderadministrasie sowel as ander take wat normaalweg met die pos geassosieer word.
In ruil vir u dienste bied Rooiberg Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 20 November 2018. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Related Ads
Click Here Join The Dorpie Forum Community.
Click Here to Buy Bulk and Bottled Wine at The Wine Consultant.
Click Here to Get More Clients from Google..