Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir bystand aan die Handelsmerkbestuurder met die toepassing en monitering van die Leopard’s Leap bemarking- en verkoopstrategie.
Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende verantwoordelik wees: * skakeling met plaaslike, nasionale en internasionale agente en verkoopverteenwoordigers * ondersteuning met produk- en verpakkingsontwikkeling * administrasie en koördinering van toerisme-, verbruikers- en handelspromosies * begrotings-, verkoop- en bemarkingsadministrasie * skakeling met gaste, klante en diensverskaffers * koördinering van gastebesoeke * webwerf-administrasie * die uitleef van die Leopard’s Leap-handelsmerkkultuur in sakeverhoudings en kommunikasie.
Die volgende kriteria is van toepassing: * ‘n aanvoeling vir die bemarkingsbeginsels van ‘n toonaangewende handelsmerk * leierskap en puik organiseervaardighede * ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie * minstens drie jaar toepaslike ondervinding (handelsmerk-, skakel- en bemarkingsondervinding sal ‘n aanbeveling wees, asook kennis van die S.A. wynbedryf) * uitmuntende kommunikasievermoë en taalvaardigheid in Afrikaans en Engels * sterk werkdissipline, met die vermoë om druk te kan hanteer * vaardigheid met webwerf- en sosialemedia-platforms * rekenaarvaardigheid bo die gemiddelde * ‘n passie vir kos en wyn.
’n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande kriteria word aangebied.
Rig asb. u CV voor 11 Julie 2018 aan Anél Odendaal by ao.hr@historicwines.co.za
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.
Related Ads
Click Here to Publish Your Free Wine Related Classified.
Click Here to Buy Bulk and Bottled Wine at The Wine Consultant.