Wellington Wines, geleë in die skilderagtige Boland omgewing, produseer hoë kwaliteit premium wyne en beskik tans oor die
volgende uitdagende loopbaangeleentheid vir ’n persoon om deel te vorm van die dinamiese produksiespan.
SENIOR WYNMAKER: ROOIWYN
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Produksiebestuurder rapporteer en onder andere verantwoordelikheid vir die volgende aanvaar:
• bereiding van kwaliteit wyne
• beplanning en bestuur van produksieprosesse
• kwaliteitsbestuur & voorraadbeheer
• aankope van chemikalieë instandhouding en huishouding
• eksterne skakeling en wynproeë
• personeelbestuur
• wyn-administrasie.
Die ideale kandidaat beskik oor:
• ʼn BSc graad in Wingerd– en Wynkunde of soortgelyke kwalifikasie
• ten minste 5 jaar ervaring as Wynmaker van rooiwyn
• kennis en vaardigheid in produksie– en kwaliteitsbestuur
• bewese ervaring in ʼn grootmaat / korporatiewe kelder
• tegniese kennis van wynbou masjinerie
• bekend met verskillende kwaliteitskontrole stelsels (IPW, BRC, HACCP, WIETA)
• rekenaarvaardigheid (EZYWine)
• uitstekende interpersoonlike– en kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels)
• ʼn passie vir wyn
• goeie spanspeler met die vermoë om ook suksesvol individueel te werk.
Related Ads
Click Here Join The Dorpie Forum Community.
Click Here to Buy Bulk and Bottled Wine at The Wine Consultant.
Click Here to Get More Clients from Google..