Ons kliënt, geleë in die skilderagtige Robertson distrik, produseer steenvrugte en druiwe van uitstaande gehalte en beskik tans oor die volgende betrekking:
PLAASBESTUURDER
(Steenvrugte/Wyndruiwe)
Die geskikte kandidaat is ’n passievolle jong landboukundige wat met selfvertroue en ’n verantwoordelikheidsin te werk gaan. Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, onafhanklik kan funksioneer en eie inisiatief kan gebruik. ‘n Toepaslike na-skoolse kwalifikasie, ondervinding van steenvrug-/wyndruifverbouing en ’n geldige Kode 14 lisensie is vereistes vir die pos. Ondervinding van Globalgap, Grasp, Sieta en Wieta sal in die aansoeker se guns tel.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie en pligte behels o a * aanplantings * bemesting * plaagbeheer * snoeiprogramme * onkruidbeheer * kwaliteitskontrolering * besproeiing * toesighouding en motivering van personeel * primêre/elementêre instandhouding * administrasie en ook alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 13 Februarie 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management, tel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: 1 Mei 2018
Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
Related Ads
Click Here to Publish Your Free Wine Related Classified.
Click Here to Buy Bulk and Bottled Wine at The Wine Consultant.
Click Here to Get More Clients from Google..