Ons kliënt, geleë in die skilderagtige Slanghoek vallei buite Rawsonville, beskik tans oor die volgende posisie.
Plaasbestuurder
Hierdie uitdagende en opwindende geleentheid benodig ’n persoon met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en ongeveer 5 tot 8 jaar ondervinding van wyndruifverbouing. ’n Toepaslike ná-skoolse kwalifikasie asook ’n natuurlike meganiese aanleg vir basiese instandhoudingswerk is verdere vereistes vir die pos.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Hoof- Plaasbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie asook die volgende pligte: • wingerdaanplantings • bemesting • siekte-en plaagbeheer • snoeiprogramme • druiwevoorbereiding•onkruidbeheer • personeelbestuur, boerdery- en loonadministrasie • begrotingsbestuur • bestuur van gehaltebeheerstelsels (IPW) • instandhouding van masjinerie en toerusting • alle ander take wat met die pos verband hou.
In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief voor 09:00 op 21 Junie 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management, tel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: so spoedig moontlik.
Related Ads
Click Here Join The Dorpie Forum Community.
Click Here to Buy Bulk and Bottled Wine at The Wine Consultant.
Click Here to Get More Clients from Google..