Ons kliënt, geleë in die Swartland beskik tans oor ’n uitdagende loopbaangeleentheid vir ‘n ervare Wynmaker om by hul span aan te sluit.
Die ideale persoon sal beskik oor:
- Formele kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde
- Bogemiddelde kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
- Sterk bestuursvaardighede
- Rekenaar- en administratiewe vaardighede
Die persoon sal verantwoordelikheid neem vir:
- Voorbereiding van wyn vir Bottelering
- Die versnyding en Stabilisering van wyn
- Wyn Inname
- Sertifisering en Voorleggings
- Skakeling met wynaankopers
- Uitbouing van verhoudings met sakevennote
Verseker asseblief dat jou aansoek die volgende inligting bevat:
- ’n volledige Curriculum Vitae (in Word-formaat), met kontaknommers en e-pos besonderhede
- ’n dekbrief wat jou aansoek motiveer
- huidige salaris, asook salaris verwagting
- beskikbaarheid
- en referente wat gekontak mag word
Indien u nie binne drie weke vanaf die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate wie die kortlys haal sal gekontak word.
Aansoeke: recruitment@hopcal.co.za
Related Ads
There are no ads matching your search criteria.
Click Here to Publish Your Free Wine Related Classified.
Click Here to Buy Bulk and Bottled Wine at The Wine Consultant.
Click Here to Get More Clients from Google..