Riebeek Kelder (Edms.) Bpk., in die skilderagtige Riebeek Vallei, benodig tans ‘n Wingerdboukundige.
Hierdie is ʼn uitmuntende loopbaangeleentheid vir ʼn jong, energieke persoon met ʼn entoesiastiese lewensbenadering en ‘n passie vir wingerdbou en wyn. Die geskikte kandidaat is ‘n goeie kommunikeerder met sterk interpersoonlike vaardighede, met die vermoë om in ‘n multidissiplinêre spanverband met produsente, wynmakers en bemarkers saam te werk. ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie tesame met ondervinding en sterk administratiewe en rekenaarvaardighede is verdere vereistes vir hierdie pos.
Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Produksiebestuurder rapporteer. Pligte behels o.a.: • strategiese insette met betrekking tot grondstofverkryging • die bestuur van innames gedurende die parstyd • wingerdboukundige adviesdiens • bestuur van kwaliteitskontrole- en etiese handelstelsels op produsente vlak • ondersteuning met betrekking tot verkope- en bemarkingsaktiwiteite • alle ander administratiewe take verwant aan die pos.
Rig asb. aansoeke voor 14 Augustus 2018 aan André Engelbrecht by andre@riebeekcellars.co.za.
Related Ads
Click Here to Publish Your Free Wine Related Classified.
Click Here to Buy Bulk and Bottled Wine at The Wine Consultant.
Click Here to Get More Clients from Google..