Klawer Wynkelder, geleë in die Olifantsrivier Wynstreek, beskik tans oor bogenoemde wynmakerpos. Die suksesvolle kandidaat is‘n goeie kommunikeerder met ‘n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde met ten minste 3 tot 5 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses.
Die Wynmaker rapporteer direk aan die Produksiebestuurder en is verantwoordelik vir:
* die koördinering van parsaktiwiteite
* die totale wynmaakproses
* versnyding en stabilisering van wyn
* skakeling met wynaankopers
* bestuur van kwaliteitskontrole stelsels (ISO)
* wingerdboupraktyke
* voorraadbeheer en produksie administrasie
* beheer en toesig oor kelderpersoneel sowel as ander take wat normaalweg met die pos geassosieer word.
In ruil vir u dienste bied Klawer Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Diensaanvaarding: so spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Related Ads
Click Here to Publish Your Free Wine Related Classified.
Click Here to Buy Bulk and Bottled Wine at The Wine Consultant.