‘n Toegewyde persoon met ‘n positiewe lewensbenadering en spontane persoonlikheid, met grondige kennis van die Suid-Afrikaanse wynbedryf, word verlang vr inskakeling by die Verkoop- en Bemarkingspan van La Motte
Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende verantwoordelik wees
- die vriendelike ontvangs van besoekers in die La Motte Proelokaal
- die aanbied van wynproeë
- die hantering van wynverkope
- die verskaf van inligting aan besoekers oor La Motte en sy produkte, die Franschhoek-omgewing, die wynbedryf in die algemeen, asook oor Suid-Afrika
- hulpverlening met bemarkingsaktiwiteite en verwante administratiewe take
Die volgende kriteria is van toepassing
- die vermoë om besoekers ‘n spesiale “La-Motte-ervaring” te bied
- uitmuntende taalvaardigheid in Afrikaans en Engels – skryf en praat – (‘n derde taal sal as ‘n aanbeveling dien)
- professionele voorkoms en optrede
- grondige kennis van wyn (ondervinding in ‘n soortgelyke posisie sal gunstig oorweeg word)
- algemene kennis ten opsigte van Franschhoek, Suid-Afrika en die wyn- en toerismebedryf
- rekenaarvaardigheid
- bereidwilligheid om geskeduleerde Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae te werk
‘n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande kriteria word aangebied.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Rig asb. u CV en dekbrief om Anél Odendaal by e-pos anel@historicwines.co.za voor 09:00 Woensdag 7 Maart 2018 te bereik.
As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.
Related Ads
Click Here to Publish Your Free Wine Related Classified.
Click Here to Buy Bulk and Bottled Wine at The Wine Consultant.